Tydens ‘n algemene
vergadering van die Verenigde Nasies is daar ‘n ooreenkoms bereik oor die
bewusmaking rakende verdrinkings.
25 Julie is
as Wêrelddag vir die voorkoming van
verdrinking aangekondig om bewusmaking en voorsorg oor die wêreld heen te
bevorder.
Verdrinkings
is ‘n wêreldwye probleem wat dikwels misgekyk word. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO)
verloor bykans 360 000 mense jaarliks hul lewens weens verdrinkings. Ongeveer 1 500 mense verdrink jaarliks in
Suid-Afrika en 450 hiervan is kinders jonger as 14 jaar. Die meeste van hierdie verdrinkings vind
plaas in damme, riviere en strome.
Ongelukkig is die meeste dan ook van kinders jonger as vyf.
Petro Meyer,
een van 20 waterveiligheidsinstrukteurs van die NSRI wat skole en organisasies
landwyd besoek om praatjies teen verdrinkings aan te bied, deel graag ‘n paar
wenke:
•
Moenie toelaat dat kinders sonder toesig swem nie.
•
Emmers vol water wat rondstaan, moet bedek of uitgegooi word aangesien
kinders in vlak water kan verdrink.
•
Leer swem!
•
Gebruik ‘n pienk reddingsboei of enigiets wat dryf om iemand uit die
water te help. Moenie self inspring nie
– die drenkeling kan jou per ongeluk ook in die water trek.
•
Memoriseer ‘n noodnommer en leer KPR.
Instansies,
skole en kleuterskole is welkom om Petro
te kontak by 082 537 3909 of e-pos
aan petro@searescue.org.za vir enige navrae of vir ‘n gratis
aanbieding.