Dit was ’n eerste vir die Elandskloof-united-rugbyklub van Villiersdorp toe die klub ’n prysuitdeling gehou het.
Volgens Peter Ruiters is dit die eerste keer in die klub se geskiedenis dat so iets gebeur. “Die klub het in 2008 tot stand gekom en dis die eerste keer dat ons die geleentheid het om ’n prysuitdeling te hou. Ons is ook baie bevoorreg om dié jaar ook rugbytruie te bekom, maar niks sou ’n werklikheid kon wees as dit nie vir die ondersteuning was wat ons van die dorp gekry het nie,” het Ruiters gesê.
Ronaldo Horne is as die sportman van die jaar aangewys terwyl Cheniel Johnson die speler van die jaar is. “Ons kan ook nie die jaar afsluit sonder om Mamma Elands, ons mascot en ook ons grootste ondersteuner, te bedank vir alles wat sy vir ons klub doen nie. Sy is oor die Overberg heen bekend as Mamma Elands en is baie geliefd,” het Ruiters afgesluit.. Die klub wil die volgende ondernemings en mense bedank: Brink’s Spar in Villiersdorp, Williams Brothers, Kaaimansgat-plaas, Villiersdorp Winery, Reggie B en Sydney Armoed.