Inwoners van Elim het op 16 Julie voor hul huise met kleurryke plakkate gestaan wat eis dat geregtigheid moet geskied na nóg ’n wrede moord dié klein gemeenskap geruk het.


Dít was een
van die boodskappe wat duidelik gestel is toe inwoners van Elim Vrydag 16 Julie
voor hul huise met kleurryke plakkate gestaan het wat eis dat geregtigheid moet
geskied na nóg ’n wrede moord dié klein gemeenskap geruk het.

Van die
ander plakkate het gelees: “This is our Elim. Murderers belong in Jail” en “RIP
Charlene. SA polisie, hoeveel moet nog wreed sterf”.

’n Voertuig
met luidsprekers waarop geestelike musiek uitgesaai is, het stadig deur die
klein gemeenskap gery waar oud en jonk deelgeneem het aan die stille betoging.
Leiers van die gemeenskap het dié aksie gereël nadat Charlene October, ’n
enkelma van vier kinders, se liggaam Maandag 12 Julie in haar huis in
Proteastraat gevind is.

Adjudant-offisier
Jakobus Marthinus het bevestig dat polisiedeskundiges op die toneel was om
leidrade te versamel. ’n Saak van moord en sakeroof in verband met die roof by
die winkel aangrensend aan die slagoffers se huis, word ondersoek. Teen Dinsdag
20 Julie was geen inhegtenisnemings nog gemaak nie.

Lees meer
in dié week se uitgawe van die Hermanus Times wat Woensdag 21 Julie op
die rakke is.

You need to be Logged In to leave a comment.