Biblioteek-vakansieprogram

July 7 @ 08:00 17:00

HAWSTON-BIBLIOTEEK, in samewerking met Hawston Primêr en Overstrand-vereniging vir Mense met Gestremdhede, bied van 7 – 18 Julie ‘n opwindende GRATIS VAKANSIEPROGRAM vir kinders aan. Die program is elke dag van 09:00 – 13:30 in die Thusong-saal in Hawston. Kinders sal pap vir ontbyt en ‘n warm middagete kry. Van die aktiwiteite wat aangebied sal word, sluit in kuns en handewerk (art and crafts), gesigverf, speletjies, poppekasvertoning en demonstrasies deur onder meer die brandweer en honde-eenheid. Aansoekvorms is by die biblioteek beskikbaar. Navrae: 028 315 1126.