Die tyd raak min en die dorp skud sy vere reg vir die 22 ste Hermanus Times-Kalfiefees wat van 4-9 Augustus in Hermanus aangebied word.
Produksies van hoogstaande gehalte word aangebied – van drama tot musiek en kinderteater.
Seker een van die gewildste Afrikaanse aktrises, Sandra Prinsloo, is te sien in Spertyd, ’n reis gegrond op die skrywer Elsa Joubert se lewe.
Saam met die res van die feesgangers kan ’n mens uitsien na ander produksies soos Plesierengel en Ek wens Ek wens met Frank Opperman as Seb, ’n lykbesorger wat ’n grys, eenvoudige en ongelukkige bestaan lei. Sy lewe is een van roetine en kleinighede. Tot hy eendag ’n engelagtige seuntjie, Gawie, ontmoet. Die magiese gevolge van hierdie ontmoeting noop Seb om te vra: As ek net een wens het, waarvoor sal ek wens? Zirk van den Berg se sprokie vir grootmense is bekroon met die WA Hofmeyer- sowel as die kykNET-Rapport-prys.
Besoek die volgende skakel vir die programboekie: https://issuu.com/splashmagazine5/docs/kalfiefees2022. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets, Pick n Pay of by die toerismekantoor.


