Mooi antieke voertuie, smullekker eetgoed, handgemaakte ware en hope vermaak is op die program vir die eerste Sandbaai-mark wat Vrydag 1 April van 16:00 tot 21:00 by die Sandbaai-saal gehou word. Die Sandbaai-mark, wat die eerste Vrydag van elke maand gehou word, is die geesteskind van Hubré Lombard, ’n wyksraadslid. Die doel is om plaaslike sakeondernemings, tuisnywerhede en kunstenaars te bevorder. Die hoofborg is Greeff-eiendomme, wat sy koswa (food truck) beskikbaar stel, en ook die kunstenaars wat optree, sal borg. Volgens die organiseerders sal elke mark ’n ander tema hê. Vrydag se mark se tema is “Paasfees”. Annelie Rabie, die Overstrand se burgemeester, sal om 18:30 in ’n antieke motor opdaag om die fees amptelik te open. Besoekers kan ook uitsien na ’n skou van klassieke motors, mense wat goedere uit hul motors se bagasiebakke verkoop, hope vermaak vir kinders en gunstelinge soos ’n tombola-tafel, kerrie en rys, pannekoek en jaffles.
Feesmark om na uit te sien
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.