Wil jy die vervulling van jou e-handel-logistiek in die Kaapstad-omgewing uitkontrakteer? M24 Logistics is baanbrekers wat betref die berging en verspreiding van produkte vir besigheid-tot-besigheid- (B2B) en besigheid-tot-kliënt-ondernemings (B2C) wat die Afrika-mark bedien. Kom gebruik hierdie nuwe, moderne pakhuis in Montague Gardens.
Die pakhuis het ’n kapasiteit van 30 000 vierkante meter en is toegerus om ’n reeks groot ondernemings in die B2B- en e-handelsmark te bedien. Die pakhuis maak egter ook voorsiening vir klein tot mediumgrootte ondernemings (KMO’s).
“Ons verwelkom alle ondernemings wat hul voorsieningskettingkoste wil verminder en wil hê M24 Logistics moet hul produkte in die pakhuis stoor, selekteer, verpak en vinniger en goedkoper in Kaapstad en omgewing aflewer,” sê Justin Langeveld, die hoofbestuurder van M24 Logistics.
M24 Logistics is ’n afdeling van Media24 en het ’n verspreidingsnetwerk in meer as 30 lande in Afrika. M24 se pakhuise bied geriewe vir die selektering van individuele bestellings en aflewering.
Volgens Langeveld sal daar eksponensiële groei in die behoefte aan pakhuise wees namate aanlyn besteding bly styg.
“M24 Logistics neem die pyn uit die proses. Ons het ’n verskeidenheid koeriers wat ons namens ons kliënte bestuur in samewerking met ’n doeltreffende oproepsentrum, wat beteken ’n sake-eienaar hoef nie self pakkies te volg nie.
“Ons belofte is dat ons kliënte op hul onderneming se groei kan fokus, en die res aan ons kan oorlaat,” sê Langeveld.
“Danksy ons pakhuisbestuurstelsel kan jy in enige fase van die operasionele proses sien waar die pakkie is. Intelligente selektering en mobiele toestelle beteken maksimum doeltreffendheid wat die sake-eienaar se koste verminder en afleweringspoed verbeter. Ons het ’n uitgebreide wi-fi-netwerk en kragrugsteunstelsels om ononderbroke sake te kan doen. Ons geriewe sluit ook intelligente vervoerbandinfrastruktuur, gesofistikeerde selektering-oplossings en moderne sekuriteitstelsels in.
Vir meer inligting, kontak sales@m24logistics.com.