Niks in die lewe is verniet nie
en so ook Kleinmond se boothelling.
Die fooi (permit) vir Kleinmond
se boothelling is in die stadium R300, maar dit is net tot die einde van die
jaar.
“Van 1 Januarie 2023 gaan die prys
met ‘n R100 verhoog word tot R400. Vir handelsdoeleindes bly die prys R800 tot Junie
2023. Permitte is by die Kleinmond-hawe beskikbaar asook by die Hangklip-Kleinmond-munisipale
kantoor,” vertel die Overstrand-munisipale bestuurder, Dean O’Neill.
Vir meer inligting rakende die boothelling
of die permitte, kontak die boothelling-beampte by 028 312 2400.
As dit kom by waterveiligheid is
dit belangrik om altyd die weer dop te hou asook om altyd ‘n reddingsbaadjie
aan te trek. Hou ook die NSRI se noodnommer byderhand: 063 699 2765.