Die Vriendevereniging van die Bredasdorpse Skeepswrak-museum kon op 18 Februarie die eerste keer sedert die pandemie weer ’n langtafel-ete aanbied. Die feit dat die geleentheid onder die sterrehemel in die binnehof van die historiese Ou Tronkgebou in Hoopstraat, ’n sateliet van die Skeepswrak-museum, aangebied kon word, was ’n pluspunt. Die heel eerste langtafel-ete is in 2018 aangebied. Die entoesiasme waarmee hierdie unieke inisiatief deur lede van die gemeenskap ontvang is, het as aansporing vir die komiteelede gedien om in 2019 weer so te maak. Die 2020-langtafelgeleentheid moes gekanselleer word toe die grendeltyd aangekondig is. Die Vriende van die Skeepswrak-museum is ’n geldinsamelingsinisiatief van die museum wat ’n provinsiaal ondersteunde museum is wat deur ’n trusteeraad bestuur word. Die geleentheid is deur Letty Ann Möller, die voorsitter van die komitee, as uiters suksesvol beskryf nadat gaste die geleentheid om weer soos van ouds gesellig saam te verkeer, met albei hande aangegryp het.Foto: Ora Laubscher


Gee my die sout aan, asseblief . . . ASSEBLIEF!

You need to be Logged In to leave a comment.