Die
onrustige hoogdrukke weerskant van ons land gaan nou die derde week binne met
hul geneuk.  Maar dit is dalk alles ten goede. Dit is waarskynlik die
groot rede waarom die Arktiese vog tot vroegweek nie eens halfpad na ons
vasteland toe kon vorder nie. Die troos is egter dat dit heel normaal is vir
hierdie tyd van die jaar en mooi in die hand van boere speel. En
op die agtergrond word die goeie tekens duideliker dat ons aanstaande week ‘n
goeie 35 tot 36 mm neerslag kan verwag. Met
die oog op plekke waar damme nog sukkel, is dit baie goeie nuus. Die tekens is
dat daar vorentoe beslis nog goeie  reëns vir die winter reënvalstreke aan
die kom is. “Dalk met geweld,” voeg Langfaan by.  

Tot
40 mm word aanstaande week ook oor die Overstrand se omliggende streke verwag. Die
geheelprentjie in die bolug wys dat die hoogdrukke die afgelope weke op die hoë
vlak van 1020 hP in kompetisie met mekaar was en die reusefronte eenvoudig
links by Gough-eiland kon voorkeur en regs by die Prinses-eilande die Indiese
see injaag. Die
Indiese hoogdruk het die afgelope naweek begin bes gee en die Atlantiese
hoogdruk se pad vir goeie reëns oopgemaak.  Dit sorg vandag vir ‘n ligte
bries en heerlike sonskyn, wat ons in 18 °C kan geniet. Vrydag is sy gô uit en
die wolkies pak saam.  Die aarde koel dan teen ‘n spoed af en ons kan maar
weer ekstra warm komberse uithaal om tussen 11 en 13 °C te hanteer. Saterdag
en Sondag sal Overbergers ook maar warmjasse moet aantrek as hulle winkels toe
wil gaan.   En Maandag, voordag tot 14:00 kom die groot bibber van
net 10 °C.

Buurman reken die maskers voor almal se monde en neuse kan nogal help teen die
tipiese verkoueweer wat ons die hele week tot aanstaande Vrydag sal beleef. Die
Atlantiese hoogdruk het gister ‘n yslike front by Gough voorgekeer waar die
eiland onder geweldige storms deurgeloop het.  Die front is in twee dele
uitmekaar geruk en in sy geheel terug geslinger Suidpool toe. Dinsdagnag
gebeur die ding waarvoor ons wag, wanneer die noorde wind met ‘n ligte bries
ekstra wolke in die pad van die noordwes instuur en die goeie winterreën begin.
Die enigste hoofpyn wat oorbly is die tekort aan winterplantjies vir ons
groentetuine.  In die metropool word spinasie nou glo vir R10  per
plantjies verhandel. 

You need to be Logged In to leave a comment.