Geen spoor van vermiste man

Geen spoor is nog gevind van die jong man van Hermanus wat sedert vroeg Saterdagoggend vermis word nie.


Geen spoor is nog gevind van die jong man van Hermanus wat sedert vroeg Saterdagoggend vermis word nie. Barry Leonard (20) is laas gesien terwyl hy omstreeks 02:00 die nag in die rigting van die Ou Hawe gestap het nadat hy sy verjaarsdag saam met vriende by die kuierplek Mock Turtle (Shimmi’s) gevier het. 

Niemand het hom sedertdien gesien of van hom gehoor nie.

Vriende het op Facebook ‘n beroep op mense gedoen om op die uitkyk vir Leonard te wees. Hy het ‘n grys hemp en donker broek aangehad.  Die Nasionale Seereddingsinstituut is tans besig om die kusgebied en see naby die Ou Hawe te fynkam, ofskoon daar geen getuienis is dat Leonard die water in is nie. Geen spoor van hom is tot dusver gevind nie.
Volgens ‘n vriend het Leonard dalk vroeër die aand ‘n uitval met ‘n vriendin gehad.
* Mense met inligting kan die polisie op Hermanus kontak by 028 313 5300.    

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.