Gemeenskap staan op

’n Vrou, wat op 13 Februarie in Kleinmond aangerand is, het die hele gemeenskap weer opnuut laat besef hoe weerloos vroue in ons samelewing is.


’n Vrou, wat op 13 Februarie in Kleinmond aangerand is, het die hele gemeenskap weer opnuut laat besef hoe weerloos vroue in ons samelewing is.

Die Kleinmond-polisie se stasiebevelvoerder, kol. Anna May, het aan Hermanus Times bevestig dat die vrou aangerand is en nie verkrag is nie.

’n Aanrandingsaak is by die polisie aangemeld en kort ná die voorval is ’n 19-jarige verdagte in hegtenis geneem.

Op 14 Februarie het die hele gemeenskap saamgestaan en aan ’n optog tot by Kleinmond-polisiekantoor deelgeneem om ’n memorandum aan die polisie te oorhandig.

Die plaaslike raadslid Grant Cohen het bevestig die Kleinmond se “Boys to Men-inisiatief” is weer op die been gebring.

“Die doel van hierdie inisiatief is om die jonger geslag onder ons vlerke te neem en om positiewe rolmodelle vir hulle te probeer wees,” het Cohen gesê.

In ’n poging om dié soort misdrywe te verminder, het die Proteadorp-buurtwag met die polisie hande gevat en oor die naweek die gebiede besoek waar sulke misdrywe gereeld plaasvind.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.