Hawston Skrik vir Niks het dié jaar gewys dat hy ’n span is om mee rekening te hou. Nie net het hy na die halfeindstryd van die Grootuitdaag-reeks deurgedring nie, maar van sy spelers is ook op die lys van die voorste puntemakers. Die span van Hawston het die veld Saterdag as buiteperd betree en hom goed van sy taak gekwyt en sy man gestaan. Saldanha (die verdedigende kampioen) het wel die wedstryd gewen, maar net met ses punte. Die eindtelling was 26-20. Die span het al sy getroue ondersteuners, wat elke Saterdag bankvas agter hom staan, bedank. Terwyl die span van Hawston in die kollig was, het die span van Riviersonderend stil-stil na die eindstryd van die Boland-top-14 deurgedring en speel hierdie Saterdag teen die Blue Birds van Bonnievale. Riviersonderend het die span van Wellington Saterdag 29-22 gewen. Foto: Lynette van Tonder