Die tweede ronde van die rugbyliga het Saterdag in koue weer begin, maar steeds het die getroue ondersteuners bankvas agter hul spanne gestaan.

Die kompetisie is baie straf en ná ’n ruskans het dit maar sukkel-sukkel op die veld gegaan. In party wedstryde het die spelers met mekaar slaags geraak.

Die wedstryd tussen Grabouw-rugbyklub en die span van Bredasdorp, Rangers, het nie net goeie hardlooprugby opgelewer nie, maar ook het die spanne mekaar goed voor aangevat. Grabouw kon net nie sy geleenthede gebruik nie en Rangers het die span van Grabouw se foute uitgebuit en die wedstryd 13-6 gewen.

Caledon, die voorlopers in die Grootuitdaag-reeks in die Overberg, het korte mette met Kleinmond gemaak, terwyl Hawston Skrik vir Niks net-net teen Botrivier gewen het. Safcol het Atlantics geklop terwyl Black Leaves vir Genadendal ore aangesit het.

Die uitslae is soos volg: Atlantics 14 – Safcol 18; Botriver 0 – Hawston 5; Genadendal 25 – Black Leaves 36; Grabouw 6 – Rangers 13; Kleinmond 16 – Caledon 27.. Hierdie naweek se bepalings is as volg: Rangers Bredasdorp vs. Genadendal; Safcol vs. Grabouw; Caledon vs Atlantics; Hawston vs. Kleinmond en Black Leaves vs. Botrivier.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article