Gerugte oor bouwerk by sentrum heeltemal ‘onwaar’

Verlede week het gerugte die ronde gedoen dat bouwerk by die nuwe winkelsentrum by die Mthimkhulu Village Centre in Hoofweg, Kleinmond gestaak is.


Verlede week het gerugte die ronde gedoen dat bouwerk by die nuwe winkelsentrum by die Mthimkhulu Village Centre in Hoofweg, Kleinmond gestaak is.

Die gerugte is deur Brett Abrahamse, die besturende direkteur van Terrace Africa, wat ook die hoofontwikkelaar van die projek is, as onwaar afgemaak. Die nuwe winkelsentrum gaan ’n Shoprite-winkel as die hoof-ankerhuurder hê.

Van die ander gerugte wat ook die ronde doen, is dat van die kleiner winkels in die sentrum ’n KFC-kitskos-restaurant sal insluit.

Volgens Abrahamse kan hy in hierdie stadium geen kommentaar lewer oor wie die huurders van die ander winkels in die sentrum gaan wees nie.

“Ons is tans tussen grootmaatgrondwerke en die hoofkontrak,” sê Abrahamse.

Die openingsdatum vir die nuwe winkelsentrum is steeds iewers in die derde kwartaal vanjaar.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.