’n Motor wat in Hartswater in die Noord-Kaap gesteel is, is danksy die oplettendheid van op en wakker polisiebeamptes in Gansbaai teruggevind. Lt.kol. Winston Coetzee, bevelvoerder van die Gansbaai-polisie, sê die beamptes het Sondag 19 Junie vroegoggend roetinepatrollies in Masakhane, Gansbaai, gedoen toe hulle ’n verdagte grys Nissan Qashqai in Marinerylaan gesien het. “By nadere ondersoek is gevind die voertuig is op 10 Junie in Hartswater as gesteel aangemeld,” sê Coetzee. “Die beamptes het op die voertuig beslag gelê en dit is na die Gansbaai-polisiekantoor geneem vir veilige bewaring.” Volgens Coetzee ondersoek die Hartswater-polisie ’n klag van motordiefstal. Coetzee het die beamptes geloof vir hul oplettendheid wat tot die opsporing van die gesteelde voertuig gelei het.


Gesteelde voertuig in Gansbaai teruggekry

You need to be Logged In to leave a comment.