Een van Suid-Afrika se gewildste reggae-groepe, The Rivertones, gaan die naweek van 19 Maart by Houwhoek-hotel optree.
Die Rivertones se hoofsanger en kitaarspeler, Roland G Nair, vermaak al die Suid-Afrikaanse gehore sedert 2006. Volgens die Rivertones se bestuurder, Sandi Westgarth-Taylor, het Roland al saam met ander talentvolle kunstenaars soos Bob Marley se groep The Wailers, Bunny Wailer, Lucky Dube en Hugh Masekela gewerk. Tans tree Riverstones oor Suid-Afrika heen op.
Volgens Westgarth-Taylor kan die atlete uitsien na reggae-musiek wat nie net hul hartsnare sal roer nie, maar ook hul voete sal laat jeuk. Liedjies van onder andere Bob Marley en UB40 gaan ook gehoor word. Ander bedrywighede wat deel is van die Thirsti AfricanX Trail Run wat van 19-21 Maart gaan plaasvind, is optredes deur die Marimba Band, wynproe-geleenthede, ‘n pasta-partytjie, bingo, ‘n swembadpartytjie, ‘n minigholf-kompetisie en nog baie meer.
Vir nog inligting besoek www.stillwatersports.com, skakel 082 991 0045 of stuur ‘n e-pos na entries@stillwatersports.com.