Die damvlakke van damme in die Overberg het die week gestyg.


Die winter is hier en die afgelope week se koue en reën is die stille getuie hiervan.

Die departement van water en sanitasie (DWS) is verheug oor die goeie reën wat die afgelope week in die Wes-Kaapse opvanggebied geval het, hoewel dit ongerief vir sommige gemeenskappe veroorsaak het.

Dit is veral die Kaap Agulhas-munisipale gebied in die Overberg wat deur die afgelope week se reën geraak is. Inwoners van Struisbaai-Noord was ook letterlik in die donker gelaat nadat hulle vir ’n paar dae sonder elektrisiteit was. “Eskom kon eers Woensdag die eerste keer die inwoners help en gelukkig is hulle elektrisiteitstoevoer weer herstel,” het Gurshwin Prins, woordvoerder van die Kaap Agulhas-munisipaliteit gesê. 

Volgens Mashudu Murovhi, waarnemende DWS-hoof van die Wes-Kaap, is die afgelope week se reën ’n goeie aanduiding wat ons die winter kan verwag, maar waarsku hy ook dat klimaatsverandering veranderende reënvalpatrone veroorsaak wat ook tot droogte kan lei. “Dit is waarom ons water spaarsamig moet gebruik. Tydens die winterreënval is dit ’n uitstekende tyd om reënwater op te vang,” het hy gesê. 

Die damme in die Overberg-streek se damvlakke: Die De Bosdam buite Hermanus is tans R83,64% vol terwyl die Theewaterskloofdam op 58,2% is. Die Eikenhofdam buite Grabouw is tans op 60%.  

You need to be Logged In to leave a comment.