Gr. R’s van Caledon grootoog toe skool begin

Netjies uitgevat in nuwe skoolklere het 110 graad R-leerders en ander nuwe leerders Woensdag 17 Januarie saam met hul ouers in Swartberg Primêr se skoolsaal gesit om te hoor in watter klasse hulle vir die nuwe skooljaar ingedeel sou word.

Die meeste het grootoog en tjoepstil gesit met ’n onderliggende opgewondenheid oor die nuwe avontuur wat voorlê. Geen trane in sig nie, maar dit het verander nadat hul ouers die klaskamers verlaat het. ’n Paar van die kleintjies het toe bitterlik begin huil, maar gelukkig was die bekwame onderwysers byderhand om te troos en hulle aan aktiwiteite te laat deelneem en hulle tuis te laat voel.

Swartberg Primêr het nie net sy nuwe leerders verwelkom nie, maar ook Clint Joseph en Dwaine Erasmus, twee nuwe onderwysers by die skool.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.