Grabouw brand

Grabouw was Vrydagmiddag in rep en roer toe daar ‘n brand by Elgin Fruit Juices uitgebreek het.


Dit is chaos. Die brand wat by Elgin Fruit Juices voor 14:00 uitgebreek het, het nou na die Waterwerke se informele nedersetting asook Gaffley’s Transport versprei.

Dis ‘n hartseertoneel wat jou begroet as jy die informele nedersetting nader – inwoners wat al hul besittings op kruiwaens sit en ander wat letterlik verpletterd is omdat al hul besittings in die brand verwoes is.

Volgens ‘n woordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit het hulle vyf brandweerwaens van die Overberg-distrik gekry om die vuur in bedwang te kry. “Ons wag nog vir hulp van die Stad Kaapstad om ons ook te kom ondersteun,” het die woordvoerder bevestig.

Die Theewaterskloof-burgemeester, Kallie Papier, was ook op die toneel om die mense by te staan. Volgens die woordvoerder is alles onder beheer en is daar geen beserings aangemeld nie. “In die stadium kan ons ook nog nie bevestig wat die oorsaak van die brand is nie,” het die woordvoerder gesê.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.