Caledon Oogkundiges bied gratis oogtoetse vir skoolkinders gedurende September aan.
“Hier is baie kinders [in die dorp] wat nie eens besef hulle het swak oë nie. Hulle sukkel dan in die skool en dit is iets wat voorkom kan word,” sê Christine van Rensburg van Caledon Oogkundiges.
Van Rensburg sê hulle wil ouers graag die geleentheid bied om kinders se oë te laat toets en te evalueer. “Goeie visie is noodsaaklik vir leer en ontwikkeling en vroeë opsporing van oogprobleme kan langtermyn-uitdagings voorkom,” sê Van Rensburg.
Op ’n vraag of die gratis oogtoetse beperk is tot leerders van Caledon, sê Van Rensburg “enige skoolkind kan in September inkom vir ’n gratis oogtoets.”. Besoek Caledon Oogkundiges by Hoopstraat 8, Caledon, of skakel 028 001 0545 vir ’n afspraak.