Greyton hou makietie

Hulle is nie verniet die dorp van die jaar nie en daarom gaan Greyton hierdie merkwaardige prestasie vier deur ‘n behoorlike makietie te hou.


Hulle is nie verniet die dorp van die jaar nie en daarom gaan Greyton hierdie merkwaardige prestasie vier deur ‘n behoorlike makietie te hou. Vrydag 11 Februarie gaan die bekroonde kunstenaars, Anna Davel, Corlea en Refentse die feesgangers vermaak. Anna tree by Greyton Lodge op terwyl Corlea en Refentse later die aand by die hoofverhoog in die hoofstraat optree. Saterdag sal die Greyton Lodge gasheer speel vir Pedro Kruger en die later die middag is dit 1925 band, Francois van Coke en Die Heuwels Fantasties wat aan die beurt kom.Daar is ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar en kaartjies vir dié bekroonde kunstenaars is ook redelik goedkoop aangesien Kia en Kwêla met die borgskappe gehelp het – 10% van die wins gaan ook gebruik word om liefdadigheidsorganisasies in Greyton ‘n hupstoot te gee. Feesgangers gaan ook die geleentheid kry om die Kwêla-aabieder, Hannes van Wyk, by die DRC-saal ontmoet. Hy gaan van 12:00 die Saterdag beskikbaar wees. Kaartjies is beskikbaar by die Greyton-toeristekantoor of by Quicket. Skakel Roslyn Petersen by 028 254 9414/9564 of stuur ‘n e-pos na info@greytontourism.com of besoek www.greytontourism.com vir nog inligting. Daar is genoeg gastehuise vir dié wat ‘n naweek van die makietie wil maak.   

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.