Die jukskeisoen is in volle gang. Die openingstoernooi, wat onlangs in Kleinmond gehou is, was ’n reusesukses. Die 13 spanne wat deelgeneem het, was van L’Agulhas, Gansbaai, Groenberg, Kleinmond en Bettysbaai. In die A-afdeling was Gansbaai eerste, Kleinmond tweede en Groenberg derde. In die B-afdeling was Groenberg eerste, Kleinmond tweede en Gansbaai derde en in die C-afdeling was Groenberg C2 eerste, Groenberg C1 tweede en Bettysbaai derde. Groenberg se A-span, wat brons gewen het, is Willie Marais, Johan Theron, Krynauw du Toit en Hennie Henn.