Len Redfern (links) en Fritz Joubert (heel regs) is Saterdag vir hulle lewenslange prestasie in die bonsaiwêreld vereer. By hulle is die voorsitter van Boland Bonsai Kai, prof. Winfried Lüdemann.


As jou liefde bonsai-boompies is, moet jy weet dat dit baie tyd en liefde, groot vaardigheid en hope geduld verg.

Vir ’n plaaslike inwoner het dié stokperdjie ’n suksesvolle reis geword en sy bonsai’s word oor die wêreld heen erken en vereer.

Frits Joubert van Onrus is Saterdag saam met Len Redfern vir hul lewenslange prestasie in die bonsaiwêreld deur die Boland Bonsai Kai vereer. Die geleentheid het gepaardgegaan met ’n uitstalling van meer as 80 bonsai’s in die Rupert-museum langs die beroemde Pierneef-stasiepanele.

Dit was die eerste keer dat Boland Bonsai Kai ’n uitstalling in ’n kunsmuseum hou en dít in die vertrek waar Pierneef se beroemde stasiepanele is en wat van sy beroemde boomskilderye bevat – ’n vertrekpunt vir ’n eie, eg Suid-Afrikaanse bonsaistyl, die Pierneef-styl.

Boonop is dit ook die 30ste bestaansjaar vir Boland Bonsai, ’n mylpaal vir almal wat by die klub betrokke is.

You need to be Logged In to leave a comment.