‘n Front so groot soos wat dalk in Noag se dae laas gesien is, trek vandag (Woensdag) ongeveer 3000 km suid van die land verby.  Sy voorpunt het reeds die Prinses eilande in ons suidoostelike waters bereik waar dit teen ‘n warm muur van  Oostewinde vasloop.  Sy inhoud is besig om soos water uit ‘n nat kardoes suidwaarts uit te val in die rigting van die Arktika.

     Vir die man op straat hou die verskynsel etlike vraagtekens en ook waarskuwings in, glo die driemanskap by iweather.

     Om  voor te begin sit ons in  ‘n tydvak dat  winterreëns haas tekens moet begin wys en die somerreëns  wat deur die oostewinde ondersteun word, meer verspreid raak. 

      Daar is tans ‘n erg ongewone patroon in die bolug, wat weerkykers op die verkeerde voet het.  Al wat met sekerheid gesê kan word, is dat die Overberg vir die volgende tien dae min voldagson sal sien.  

   Nadat die groot hoogdruk verby is, word vog vir die Overstrand uit die suidooste ingesuig en dan volg swaar reëns wat oor die berge kan uitsak.

     Dit bring ons by die logiese voorbereidings om dakgeute, afleivore en pype  en veral digby die berge waar waterleidings na die damme is, skoon te hou.

      Volgens Langfaan se berekening   kan sowat 3 tot 4 mm Sondagmiddag na 14hoo oor die Overstrandgebied uitsak wanneer ‘n westewind die krag van die oostewind breek.   Dit is dan wanneer koue lug uit die suide ingesuig kan word. Die windspoed verhoog van matige briese tot 7 m per sekonde wat  fyntuintjies kan verniel.

      Verdere konveksie kan aan die weste van die land begin deurdat daar tans min besoedeling deur motorgasse is.  Neerslae kan  tot so ver soos Montagu verwag word, maar nie veel nie, wat ook in pas is met die normale patroon van  winterreëns.

      Na Sondag se neerslae sal dit saans koel tot koud word maar teen Dinsdag is die ergste inkom van nat lug verby en kry ons vir ‘n slag volle son.  Die temperatuur styg in die Overstrand dan tot 24 grade.  Van Woensdag af sien ons, soos ons die afgelope weke aan gewoond is, weer matige dae.  Dit is tans onmoonlik om te sê of die suidweste wind, wat aanstaande Donderdag opsteek, vogtige lug sal indra.

      Die voordeel van die virus inperking is dat Overstranders, soos in die res van die land, dan maar by die huis sit en mekaar besig hou.

You need to be Logged In to leave a comment.