Die katamaran wat by Hermanus Hardware gebou en die eiendom van Albert Streicher is, het almal twee weke gelede in rep en roer gehad nadat dit die oggendverkeer beïnvloed en oornag in die parkeergebied voor die NG kerk gestaan het. Die meesterstuk van Streicher is Saterdag te water gelaat en menige inwoner is baie trots op die plaaslike sakeman se nuutste toevoeging aangesien hy baie vir Hermanus beteken. Streicher het in Mei ’n skenking gedoen om die Walvishuis op te knap. Foto: Martin Etsebeth


Groot katamaran te water gelaat

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article