Groot rugby die naweek verwag na twee jaar se klubrugbydroogte

Die uitspeelrondes van die Grootuitdaag-beker begin die naweek en van die wedstryde word op SABC uitgesaai,


Dit was twee jaar van droogte en klubrugbyspelers en ondersteuners het die jaar die pawiljoene in reën en koue weer volgepak om hul gunsteling-spanne te ondersteun.

Die koring is van die kaf geskei en die hoogtepunt van klubrugby vind hierdie naweek (Saterdag 22 Oktober) plaas wanneer die Grootuitdaagbeker se Boland-Top-12 begin. En wat hierdie kompetisie nog net meer lekker maak, is die feit dat van die wedstryde die naweek op SABC uitgesaai gaan word. En Caledon, wat tweede in die Overberg-streek gekom het, se wedstryd teen Delicious van Clanwilliam word uitgesaai. Die wedstryd word in Caledon gespeel en die hekke open 14:00. 

Hawston, wat eerste in die Overberg-streek gekom het, speel ook op sy tuisveld. Klipharde rugby uit die boonste rakke kan oor die volgende sewe naweke verwag word wanneer 12 spanne uit ses streke om die Top-12-kroon gaan meeding.

Die halfeindronde is vir 26 November bestem en die eindronde word op 3 Desember beslis.Die eerste ronde word hierdie naweek gespeel. 

Enkele wedstryde sal op SABC Sport uitgesaai word (waar aangedui): 14:00 Wesbank vs. St. Helenabaai (TV); 16:00 Rangers Robertson vs. Citrusdal; 16:00 Hawston vs. Roses United; 16:00 Saldanhabaai vs. Darling; 16:00 Caledon vs. Delicious (TV);  16:00 Bella Vista vs. Montagu.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.