Kweek ’n gesonde leefstyl om so jou kankerrisiko te verminder.


Die woord “kanker” voel soos ’n doodsvonnis, maar deur ’n gesonde leefstyl te handhaaf, kan jy jou kankerrisiko verminder. Kommerwekkende statistieke oor Suid-Afrikaners se leefstyl dui daarop dat selfs jongmense se leefstylgewoontes nie na wense is nie.

Onlangse statistieke toon dat Suid-Afrikaners die hoogste vorm van oorgewig in Afrika suid van die Sahara toon, met 42% vroue wat oorgewig is en 13% mans. Verder is daar ook bevind dat 9,6% meisies en 7% seuns jonger as 20 jaar oorgewig is.

Maar daar is maniere om jou kankerrisiko te verminder en die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het die volgende wenke bekend gestel: . Gesonde eetgewoontes:

Kies jou kossoorte met kennis en deernis uit. Vermy geprosesseerde kos en koop vars vrugte en groente. Vermy versadigde vette wat jy in vetterige vleissnitte, volroommelk en botter sal kry. Probeer ook meer plantaardige voedsels eet soos bone, lensies en kekerertjies. Daar is gevind dat voedsel wat ryk is aan omega 3-vetsure ook kanker kan beveg. Vis, vlassaadolie en seker neute is ryk aan omega 3. . Kweek ’n positiewe ingesteldheid: Moenie altyd die negatiewe in die lewe raaksien nie, sien eerder die glas as half vol as half leeg. Humor kan ook ’n positiewe ingesteldheid kweek en kry iets om elke dag voor dankbaar te wees.. Oefen en vermy spanning: ’n Gebalanseerde en aktiewe leefstyl is nie net die antwoord om gesond te leef nie, maar kan ook jou kankerrisiko verminder. Oefening is noodsaaklik om jou immuniteitstelsel op te bou en gee jou ekstra krag. . Vermy ongesonde gewoontes: Beperk alkoholgebruik en probeer om op te hou rook. . Gaan gereeld vir opsporingstoetse: Mediese toetse soos papsmere en borsondersoeke kan lei tot die vroegtydige opsporing van kanker. Hoe vroeër kanker opgespoor kan word, hoe beter is jou kans tot oorlewing.

Vir nog inligting, besoek KANSA se webtuiste.

You need to be Logged In to leave a comment.