Die afgelope naweek was ’n drieëfees op Hawston Skrik vir Niks se die tuisveld nadat die tuisspan sy ondersteuners met ses drieë bederf het.


Die 12 beste klubrugbyspanne van die Boland het die afgelope paar weke kragte gemeet om ’n plek in die halfeindstryd van die Grootuitdaag-reeks. Een van dié suksesvolle vier is ons eie Hawston Skrik vir Niks.

Die Skrik vir Niks-span het op sy tuisveld gewys dat hy werklik geen bang haar op sy kop het nie en het die span van Citrusdal 53-15 oorrompel. Dit was ’n maak-of-breek-wedstryd vir Hawston aangesien die span nie net moes wen om na die halfeind deur te dring nie, maar ook met ’n bonuspunt moes wen.

Van die begin van die wedstryd het Hawston die oorhand gehad – nie net voor nie, maar ook agter. Die span het behoorlik vurig gespeel en sy bonuspunt binne die eerste 20 minute van die wedstryd gehaal. Dit was gewis een van Hawston se beste wedstryde voor sy tuisskare en sy ondersteuners het gebars van trots.

Citrusdal het in die tweede helfte moedig probeer terugveg, maar Hawston se lus om te wen het hom net meer vasberade gemaak om nog drieë in te ryg.

Saterdag speel Hawston teen die huidige kampioen, Saldanha, in Wellington, en dit beloof om ’n skouspelagtige wedstryd te wees.

Die driedrukkers van die wedstryd was Wesley Spandiel (2), Roland Swart (1), Juwayne Theunissen (1), Renaldo Isaacs (1) en Chad Kleinsmith (1). Swarts het vier drieë verdoel terwyl Spandiel twee strafskoppe oorgeklits en twee drieë verdoel het. Die speler van die wedstryd was die kaptein, Branden Hunter.. Die span van Caledon het die onderspit gedelf teen Saldanha en wat die Caledonners gedink het sal ’n wraakwedstryd wees nadat hy in die Paasreeks vroeër vanjaar teen Saldanha verloor het, het in ’n rampspoedige 39-0 teen Saldanha geëindig.

You need to be Logged In to leave a comment.