Praat van bederf?  Siberië, die koudste plek denkbaar in die Noordelike
Halfrond, is besig om sy “ystydperk” af te skud en hier in die Suidelike
Halfrond bibber en beef al wat leef, maar in die Overberg geniet mens en dier
die unieke matige weerplesier. Wel,
dalk nie heeltemal só afgeloos nie, sê Langfaan. As Siberië soos verwag word
eers oor 80 jaar sy yskombers afgooi en soos onse Namakwaland bont in die
blomme begin staan, kan Overbergers gerus wees, ons naweke sal nog baie lank ‘n
besoekersparadys wees. Langfaan
sê hy stel vandeesweek se weerrubriek so half spottend voor sodat dit nie weer
soos ‘n rympie klink wat elke week herhaal word nie.  Wat vandeesweek
“anders” is, is dat die nagte nou so tien minute per dag korter word en dat ons
so pas deur die langste nag van die jaar is. Al voel dit nie so nie.

 In
Hermanus is dit nou ook nie só sigbaar dat mens dit op die horlosie moet soek
nie.  En boonop is talle plante in ons gebied verspot genoeg om nog soos
lenteblommetjes te lyk. Wat ons egter hier al hoe meer sien, is die  oorhand wat die
noordweste-winde oor die noordoostewind kry en dat die omgewing rondom
Gough-eiland, wat in die laaste tyd onder geweldige storms deurgeloop het,
heelwat meer vog deurvoer na die gebied rondom Marion.   Daar is ons
navorsers nou behoorlik tot volgende jaar ingeperk.  Een van die ouens
laat weet dat selfs hul woorde vries en hulle moet eers ‘n “vuurtjie maak” om
te hoor wat hulle vir mekaar sê. Gisteraand se 12 °C en vanmiddag se natigheid in die Overstrand is nou wel ‘n
teken dat ons die koue nie heeltemal sal vryspring nie. Dit kom vanuit die koue
noordweste maar te spyte van die nattigheid wat ons weer teen vanaand kry, bly
die temperature nog só dat ‘n mens nie saans meer as ‘n warmfles onder die
kombers hoef te sit om rustig te slaap nie. Die
noordwestewind stuit die noordoostewind nadat sowat 6 mm uitgesak het. 
Maar ons sal tot Dinsdag meer as 18 mm meet voor ons weer volle son sien. En
dan het ons weer met die nare noordoos te doen wat  die ooskus se koue in
ons gesigte blaas. Ten
slotte wil Weerhaan en kie dankie sê aan die lesers van ons
“spookkoerant”  wat nog boodskappe stuur.  Doen so voort. Die e-pos
is tobie@iweather.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.