Hermanus-man soek hulp om lewensmaat te begrawe

Pieter Swarts en Maria “Japan” Jaars is al jare twee bekende gesigte in Hermanus.


Pieter Swarts en Maria “Japan” Jaars is al jare twee bekende gesigte in Hermanus.

Pieter Swarts (middel) het hulp nodig om sy lewens

Pieter Swarts (middel) het hulp nodig om sy lewensmaat Maria “Japan” Jaars (heellinks) te begrawe.

Die twee is gereeld by die taxi-staanplek gesien, of waar hulle destyds, toe die Hermanus Times nog ’n verkoopte titel was, koerante in die dorp se strate verkoop het.

Nadat keelkanker by Maria gediag­noseer is, was dit net Pieter, ook bekend as Pikes of Nat Hare, wat gereeld nog in die dorp te sien was waar hy by die taxi-staanplek uitgehelp het of koerante by sy gereelde klante afgelewer het.

Maria het op Kersdag by hul woning in Stanford gesterf. “Ons was 17 jaar saam. Ek gaan haar liefde en lekker lag baie mis,” het Pieter hartseer gesê.

Pieter skarrel sedert­dien om geld vir Maria se begrafnis bymekaar te maak. “Ek het tot 27 Januarie om al die geld bymekaar te maak. Ek moet haar begrawe; sy was my vrou.”

Hy het sy dank uitgespreek aan diegene wat reeds skenkings gemaak het en vra enigeen wat hom kan bystaan “met die laaste paar sente” om Nashca-begrafnisondernemers by 028 316 1659 te skakel.

“Ek het nie werk nie, so ek het nie geld om haar te begrawe nie. Ek hoop mense sal my help om haar te begrawe, asseblief,” was sy pleidooi.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.