’n Nuwe groep YeBoneers is by biblioteke in die Overberg-distrik opgeneem. Gerhard van Wyk van die Caledon-biblioteek sê: “Ons het nou vier vroue wat as deel van die YeBoneer-program by ons begin het. Ons is baie opgewonde om hulle hier te hê. Hulle gaan ons as biblioteekpersoneel bystaan en aan die hand vat met leesprojekte en ander aktiwiteite in skole en hier in die biblioteek. Dit is belangrik dat ons jong mense het wat met die ongeletterdheid wat in ons gemeenskap voorkom, lesers kan help om met begrip te lees. Dit is iets wat ons as biblioteekpersoneel en inligtingwerkers moet aandurf.” Nicolle Plaatjies, een van die groep YeBoneers by die Caledon-biblioteek, sê sy sien baie uit na die jaar en is opgewonde oor wat voorlê. Van links is Gabby Bezuidenhout, Robyn Abrahams, Chanell Plaatjes en Nicolle Plaatjies saam met die bibliotekaris Gerhard van Wyk (voor).Foto: Mitzi Buys