Dit is ’n groot jaar vir die bestuur en lede van die Hermanus-vrouelandbouvereniging. Hulle het nie net ’n uitdagende jaar wat voorlê nie, maar die tak vier ook vanjaar sy 95ste bestaansjaar. Die nuwe bestuurspan van die Hermanus-VLV is Ria Briers (leefstyl), Marlene Swart (kunste en handvlyt), Berta Koekemoer (opvoeding en kultuur), Mariëtte Steyn (media), Magda Marais (voorsitter), Elizabeth Terblanche (tesourier), Judie Groenewald (landbou), Diana Lambrechts (sekretaresse), Marianne Spamer (openbare sake) en Anna Vosloo (gesondheid).