Hermanus Times-lesers het gewys hulle gee vir hul medemens om en het hul harte oopgemaak vir dié wat alles tydens die geweld weens vreemdelingehaat in Bredasdorp verloor het. Die koerant het ’n versoek aan die gemeenskap gerig om die slagoffers te help en binne ’n japtrap het inwoners met komberse, kombuisware, klere en kos by ons kantoor opgedaag. Die maatskaplike werker Lana O’Neil bedank lesers vir die skenkings. Op die foto ontvang Princess en Chrisna Prins van die goedere.