Hond verskeur peuter

’n Kind van Hermanus is Vrydagoggend deur ’n pitbull doodgebyt. Die kind is op die toneel dood verklaar. Die kind se ma na die Hermanus Hospitaal gejaag, waar sy opgeneem en behandel is vir bytwonde aan haar arms. Sy het die wonde opgedoen toe sy die kind probeer help.


’n Kind van Hermanus is Vrydagoggend deur ’n pitbull doodgebyt.

Die kind is op die toneel dood verklaar. Die kind se ma na die Hermanus Hospitaal gejaag, waar sy opgeneem en behandel is vir bytwonde aan haar arms. Sy het die wonde opgedoen toe sy die kind probeer help.

Na wat verneem word is die pitbull, wat saam met die kind grootgeword het, na die voorval van kant gemaak.

’n Inwoner van Mount Pleasant sê dit is ’n mode-neiging om pitbulls aan te hou. “Elke tweede jong man loop met ’n Pitbull rond.
“Mense moet leersaam raak oor diere. Hoe om hul groot te

maak en hoe om na hul om te sien. Vanoggend se geval is tragies.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.