Hondedag gevier

Talle honde-eienaars en hul hondekinders het vet pret gehad by die Internasionale Hondedag-vieringe wat onlangs in Kleinmond gehou is en nuwe vriendskappe is tussen die viervoetiges gesmee.


Talle honde-eienaars en hul hondekinders het vet pret gehad by die Internasionale Hondedag-vieringe wat onlangs in Kleinmond gehou is en nuwe vriendskappe is tussen die viervoetiges gesmee.

Die honde in Kleinmond dierewelsynsvereniging (Kaws) se sorg was ook op die dag bederf.

Dr. Dave, ’n plaaslike veearts, het kundige raad uitgedeel.

Die organiseerders bedank die volgende mense vir al hul hulp: Kleinmond Animal Clinic; dr. Floris Kruger van Southern Vet, wat die druk en verspreiding van pamflette geborg en pryse vir die kleinste hond-afdeling geskenk het; Marizelle Strydom van Animal Affairs Behaviour and Training wat vermaak met behendige hondetoertjies gebied het; en Marizelle, in samewerking met Hills Puppy School, wat die pryse vir die afdeling “hond en eienaar wat die meeste na mekaar lyk” geskenk het.

Die uitslae was: . Grootste hond: Tanya Buxman het die 21 maande oue Belgiese malinois, Bux van Kaws en Logan die wit labrador ingeskryf. . Kleinste hond: Henk Badenhorst en Chloe, sy vyfjarige Yorkie. Surita Brits het haar kliënt se hondjie, Rusty, ’n tweejarige jack russell, ingeskryf.. Hond en eienaar wat na mekaar lyk: Brigitte Ross en haar hondekind Trixie het met die eerste prys weggestap en die naaswenner was Magriet Hoffman met haar Charlie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.