Hondedag stertswaaiend gevier

Solidariteit Helpende Hand se Hangklip-tak nooi die publiek én hul woefies om Vrydag (26 Augustus) Internasionale Hondedag saam met hulle en ander rolspelers in Kleinmond te gaan vier.


Solidariteit Helpende Hand se Hangklip-tak nooi die publiek én hul woefies om Vrydag (26 Augustus) Internasionale Hondedag saam met hulle en ander rolspelers in Kleinmond te gaan vier.

“ ’n Hond is die mens se beste vriend en hulle help met eensaamheid. Honde vertroos ook wanneer daar lyding is, help ’n mens herstel gedurende trauma, leer ’n mens verantwoordelikheid en gee mense rede om aan te gaan,” sê Gean Jooste, takvoorsitter van Helpende Hand se Hangklip-tak.

Die Kleinmond Animal Welfare Society (KAWS), Kleimond Animal Clinic en Southern Vet is vennote van die geleentheid. Dr. Dave sal kundige advies met hondeliefhebbers en besoekers deel.

Animal Affairs Behaviour and Training gaan ook die geleentheid bywoon en ’n vertoning van hondetoertjies hou.

Die Internasionale Hondedag-vieringe vind Vrydag 26 Augustus van 14:30 tot 16:00 plaas by die Kleinmond Strand se piekniekplek, bekend as Preekstoelboom.

Buiten dat besoekers saam met ander hondeliefhebbers met hul honde op Kleinmondstrand kan gaan stap, word ’n kompetisie gehou met pryse vir die grootste hond, kleinste hond, die hond wat die meeste soos sy eienaar lyk asook ander verrassings.

Besoekers kan hul honde van 14:30 vir dié kompetisie teen R20 per hond inskryf.. Bel Gean Jooste by 082 923 8269 vir nog inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.