Inwoners van Hawston moet maar na ’n ander plek vir lafenis teen die hitte gaan soek aangesien die swembad vir die week gesluit is.

Dean O’Neill, die munisipale bestuurder van die Overstrand-munisipaliteit, sê die swembadkleppe word opgegradeer. “Die swembad behoort teen die naweek oop te wees en inwoners kan dan swem,” het O’Neill gesê.

Die swembad in Hawston is sewe dae per week van 09:00-18:00 oop.

Menseredders is elke dag aan diens.

You need to be Logged In to leave a comment.