Inwoners se lot roer almal

Dit is ’n resep vir ellende.


Dit is ’n resep vir ellende . . .

’n Hofbevel het bepaal dat die inwoners van Paradisepark in Hermanus drie maande vanaf 20 April gegee word om hul huise te ontruim.

Die saga rakende Paradisepark kom al ’n lang pad. In 2019 het die Wes-Kaapse hooggeregshof bepaal dat die inwoners van Paradisepark hul huise op 1 September 2020 moet ontruim (“Eviction notice to Paradise Park residents upheld”, Hermanus Times 23 Desember 2019).

Inwoners het die dag dat hulle hul huise moes ontruim, gevrees. In Desember 2021 is berig dat altesaam 58 gesinne van Paradisepark so bang was vir die uitsettingsbevel dat hulle nie eens hul huise wil verlaat nie. Volgens die prokureur van Magna Business Services, wat die nuwe eienaars van die grond is, sloer die saak nou al vir ’n jaar. In ’n artikel wat in Hermanus Times op 1 Desember 2021 verskyn het, “Paradisepark: Saak karring aan”, is beweer die saak sloer omdat die respondente in die saak (inwoners van Paradisepark) gereeld of ’n nuwe prokureur kry of hulle doen aansoek vir ’n pro bono-prokureur.

Op Vryheidsdag 27 April het Masizole Mnqasela, die DA-hoof van die kiesafdeling van die Overstrand, die 300 inwoners van Paradisepark toegespreek.

“Inwoners word met hofbevele en uitsetting gedreig. Dit is ’n emosionele saak van ’n gemeenskap wat nie baie vra van die regering nie. Al wat hulle vra is beskerming teen uitsetting, want hulle het nêrens heen om te gaan nie,” het hy gesê. “Daar is baie arm mense wat hier bly, pensioenarisse en mense sonder inkomste.”

Hy het ook gevra dat die Paradisepark-inwoners beskerm moet word en daar aanbly. “Ons moet ons gesag as DA gebruik om hulle te beskerm.”

Cameron Dugmore, die leier van die ANC in die Overstrand, het ook by monde van ’n brief gesê hulle wil hande met die verskillende rolspelers neem om die Paradisepark-kwessie op te los. “Ek het met die minister van menslike nedersetting, Mmamoloko Kubayi, verlede week gepraat rakende Paradisepark. En volgens haar is daar twee opsies beskikbaar om die inwoners te beskerm,” het die brief gelui.– Vervolg op bladsy 1.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.