Jong ma sterf; dogter, man gewond

Die week het bleek vir die gemeenskap van Mount Pleasant begin nadat ’n jong vrou Maandag ten aanskoue van haar man en kind doodgeskiet is.


Die week het bleek vir die gemeenskap van Mount Pleasant begin nadat ’n jong vrou Maandag ten aanskoue van haar man en kind doodgeskiet is.

Kapt. Fadila September, ’n woordvoerder van die Hermanus-polisie, sê die skietvoorval het omstreeks 07:30 in Marigoldstraat plaasgevind.

“Die familie was in hul voertuig op pad werk toe, toe iemand met ’n vuurwapen op hulle losgebrand het. Die vrou het op die toneel aan haar skietwonde beswyk,” aldus September.

Die vrou se man is volgens berigte in die heup gewond en die meisietjie in die been. Albei is na ’n nabygeleë hospitaal vervoer. ’n Familielid, wat ook ten tyde van die voorval in die voertuig was, is nie gewond nie.

Die polisie ondersoek ’n klag van moord en twee van poging tot moord.

Volgens September is die motief vir die aanval onbekend en geen van die slagoffers se besittings is gesteel nie. “Die polisie ondersoek alle leidrade,” het sy bygevoeg.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.