Die B-span wat goud gewen het, is André van der Walt, Willie van der Merwe, Johan Theron en Willie Marais.


Die Groenberg-jukskeiklub in Sandbaai was onlangs in rep en roer toe die Overberg-jukskei-interdistriktoernooi daar beslis is.

Vyf distrikte het aan die toernooi deelgeneem, waaronder die Weskus, Westelike Provinsie, Kaapse Wynland, Eden en Overberg. Tussen al dié distrikte het altesaam 29 spanne deelgeneem.

Overberg het agt spanne in die toernooi gehad en drie van die spanne het medaljes verower: die B-span het goud gewen, die C-span brons en die D-span ook goud.

Hoewel die ander Overberg-spanne nie medaljes gewen het nie, het hulle tot die groottotaal punte bygedra, wat daartoe gelei het dat die Overberg-distrik die wenners vir die dag was.

You need to be Logged In to leave a comment.