Die Groenberg-jukskeiklub beskou dit as belangrik om die sport aan almal bekend te stel. Daarom het die klub talle lede van die South African Association of Retired Persons (SAARP) in Hermanus meer oor jukskei geleer. SAARP het een van sy talle sosiale uitstappies by die Groenberg-jukskeiklub deurgebring, waar hulle saam met die Groenberg-lede jukskei gespeel het. Die middag is met ’n heerlike braai, wat deur die jukskeiklub aangebied is, afgesluit.