Justen nou lid van ‘27 Club’

Hy is nou lid van die 27 Club en nie net is die musiekgemeenskap in rou nie, maar ook vriende en familie van die 27-jarige Justen Hosken, wat op pad van Hermanus in ’n motorongeluk oorlede is.


Hy is nou lid van die 27 Club en nie net is die musiekgemeenskap in rou nie, maar ook vriende en familie van die 27-jarige Justen Hosken, wat op pad van Hermanus in ’n motorongeluk oorlede is.

Dié ongeluk het op 2 Maart naby Somerset-Wes gebeur. Justen is agt dae later, op 10 Maart, in die Tygerberg-hospitaal oorlede. Hy is baie erg beseer met onder meer bloeding op die brein, gebreekte rugwerwels en gebreekte ribbebene.

Sy vrou, Lee-Ann, was saam met hom in die motor. Volgens haar het hy verskeie operasies ondergaan, maar alles was tevergeefs. Sy het ná die dood van haar geliefde man op Facebook gedeel dat sy nou met baie hoë mediese rekeninge sit en musikante van oor Suid-Afrika heen het die hand in die sak gesteek en Lee-Ann gehelp.

Justen, wat van Brackenfell was, was volgens medemusikante een van Suid-Afrika se mees veelsydige musikante. Nie net was hy een van die beste kitaarspelers in die land nie, maar ook die hoofsanger van Rabbit Black.

Die groep se tromspeler het in ’n Facebook-inskrywing die volgende gesê: “Ek voel leeg sonder jou, Justen. Ek het geweet jou hersteltyd sal lank wees, maar ek het betroosting gevind in die feit dat ek jou steeds in my lewe sou hê.

“Ons drie jaar saam was kort, maar vol passie. Ek huil nie maklik nie, maar elke traan wat ek oor jou gestort het, is omdat jou dood ’n stukkie van my weggeruk het. Jy het ’n litteken op my hart gelos.”

Hermanus Times het ook ’n oproep gekry van Genene Bruwer, wie se kind by Justen kitaarlesse geneem het. “Ek is 56 jaar oud en baie mense om my is oor dekades heen dood. Justen se dood het die wêreld geskud; ek het nog nooit so iets beleef nie. My dogter (nou 21) het vier jaar lank kitaarlesse by Justen gehad en hy het haar in haar matriekjaar gehelp om Hoërskool Bredasdorp se eerste band te begin,” het sy hartseer vertel. . The 27 Club includes popular musicians, artists, actors and athletes who died at age 27. The “club” has been repeatedly cited in music magazines, journals and the daily press. Several exhibitions have been devoted to the idea, as well as novels, films and stage plays. The deaths of several 27-year-old popular musicians between 1969 and 1971 led to the belief that deaths are more common at this age. Music biographer Charles R. Cross wrote: “The number of musicians who died at 27 is truly remarkable by any standard. [Although] humans die regularly at all ages, there is a statistical spike for musicians who die at 27.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.