Lentedag se
voet, sê Langfaan toe ek hom Dinsdag ‘n vrolike lentedag toewens en Buurman
raak ook stuurs toe ons vir ons weeklikse netwerkgeselsie vergader. 
“Kleintyd het ons van Oktober as die mooiste, mooiste maand gesing en boonop
was daar toe nog nie so erg siektes en korrupsie in die land nie.” 
 “Ja,” sê Buurman, “en ten spyte van sentrale verhitting giggel niemand ook meer
in die parlement nie.” Hy stem saam met Langfaan, en Weerhaan het dit ook al
gesê, lentedag is ‘n tuisgemaakte ding vir die klerebedryf wat ou voorraad teen
afslagpryse adverteer. En Kersfees pak hulle alweer die wintergoed uit.

En dit alles tewyl ‘n front oor duisende kilometer, van hier tot in die
Suidpool, op ons afstuur.  Al wat kan keer, is die Indiese hoogdrukke van
tot 1038 hPa, wat tans suid van die land sirkuleer. In die antikloksgewyse
sirkeldraaie dra hulle ook sedert Maandag ekstra koue lug van die ooskus af
in.  Ons kan in die week wat voorlê min sonskyn verwag, is die slotsom
waartoe ons moet kom.

 Gister se koue reën is vandag maar net die voorloper van nog koue nagte, en
selfs die verwagte stormloop die naweek, om blomme in Namakaland te gaan kyk en
langs die pad sommer in die sneeu ook te speel, sal plesiersoekers beslis twee
keer laat dink.  Ook die naweek se lang rye by winkels, waar mense nog
moet toustaan, sal maar onplesierig wees. Die verwagting is dat ons tot
aanstaande Donderdag bedags aan en af met so min as 11 °C sal moet sukkel om
nie verkoue te kry nie.

Die
algehele prentjie bly vir die drie van ons weerpraters egter heel
ongewoon  met sneeu en oorstromings ook in die noordelike halfrond. En nou
dui alles daarop dat ons ook hier, suid van die aardbol, met stormsterk winde
te doen sal kry. 
In sulke toestande vergeet ‘n mens van die lae vlakke wat ons plaasdamme die
afgelope tyd bereik het en ook van ander probleme wat die virus-noodtoestand
geskep het.  En moenie dink dat ‘n mens in jou eie tuin veilig is nie,
waarsku Buurman.  Ons kan in hierdie nat toestande en sterk winde (na
verwagting op plekke tot 90 km per uur), verwag dat groot bome kan omwaai en
skade aanrig.

Maar
watwou, sê Langfaan, ons moet nou net  hoop dat die oostewinde verder
noordwes van die land gaan speel en uit die winter reënvalgebiede sal wegbly.
Voedselproduksie kan groot skade lei.

 

 

 

“Ja,” sê Buurman, “en ten spyte van sentrale verhitting giggel niemand ook meer
in die parlement nie.” Hy stem saam met Langfaan, en Weerhaan het dit ook al
gesê, lentedag is ‘n tuisgemaakte ding vir die klerebedryf wat ou voorraad teen
afslagpryse adverteer. En Kersfees pak hulle alweer die wintergoed uit. En dit alles tewyl ‘n front oor duisende kilometer, van hier tot in die
Suidpool, op ons afstuur.  Al wat kan keer, is die Indiese hoogdrukke van
tot 1038 hPa, wat tans suid van die land sirkuleer. In die antikloksgewyse
sirkeldraaie dra hulle ook sedert Maandag ekstra koue lug van die ooskus af
in.  Ons kan in die week wat voorlê min sonskyn verwag, is die slotsom
waartoe ons moet kom.

Gister se koue reën is vandag maar net die voorloper van nog koue nagte, en
selfs die verwagte stormloop die naweek, om blomme in Namakaland te gaan kyk en
langs die pad sommer in die sneeu ook te speel, sal plesiersoekers beslis twee
keer laat dink.  Ook die naweek se lang rye by winkels, waar mense nog
moet toustaan, sal maar onplesierig wees. Die verwagting is dat ons tot
aanstaande Donderdag bedags aan en af met so min as 11 °C sal moet sukkel om
nie verkoue te kry nie. Die
algehele prentjie bly vir die drie van ons weerpraters egter heel
ongewoon  met sneeu en oorstromings ook in die noordelike halfrond. En nou
dui alles daarop dat ons ook hier, suid van die aardbol, met stormsterk winde
te doen sal kry.   In sulke toestande vergeet ‘n mens van die lae vlakke wat ons plaasdamme die
afgelope tyd bereik het en ook van ander probleme wat die virus-noodtoestand
geskep het.  En moenie dink dat ‘n mens in jou eie tuin veilig is nie,
waarsku Buurman.  Ons kan in hierdie nat toestande en sterk winde (na
verwagting op plekke tot 90 km per uur), verwag dat groot bome kan omwaai en
skade aanrig.

Maar
watwou, sê Langfaan, ons moet nou net  hoop dat die oostewinde verder
noordwes van die land gaan speel en uit die winter reënvalgebiede sal wegbly.
Voedselproduksie kan groot skade lei.

 

 

 

You need to be Logged In to leave a comment.