Die bekroonde SA Kaasfees keer ná twee jaar terug.
Kaas- en wynliefhebbers kan uitsien na ’n splinternuwe ervaring – ’n maand lange ontdekkingsreis van kaas en meer!
’n Reeks bestaande uit vier SA Kaasfees-opwip-pieknieks vind in April by vier gewilde bestemmings plaas. Kom ervaar hoe hierdie gewilde fees in ’n ware ontdekkingstog ontbondel – met ’n wenresep van gehalte. ’n Verskeidenheid uitstallers sal by elke SA Kaasfees-opwip-piekniek alles vir ’n uithalerpiekniek bied – van piekniekmandjies tot plaaslike, internasionale en boetiekkase, uitgesoekte wyn, bier en jenewer asook besonderse plaaslike produkte.
Besoekers kan uitsien na gratis vermaakprogramme met Suid-Afrikaanse topkunstenaars.
Die SA Kaasfees-opwip-pieknieks word op 9 en 10 April by Benguela Cove Lagoon-wynlandgoed gehou. Kaartjies kos R350 per dag van 10:00 tot 18:00.
Kaartjies is beskikbaar by Webtickets (bit.ly/sacheesefest-popuppicnics) asook in Pick n Pay-winkels.