Fase 2 van die inenting-veldtog, wat gemik is op inwoners
van 60 jaar en ouer, is in volle gang in die Kaap Agulhas-distrik.
Dié veldtog, om inwoners van tehuise vir bejaardes teen
Covid-19 in te ent, het reeds vroeër afgeskop.
Inentings sal op die volgende datums by verskeie persele
gedoen word:
• Elim – 8 Junie by die gemeenskap saal
• Protem – 9 Junie by die kroniese medikasie distribusiepunt
• Struisbaai – 10 Junie by die gemeenskap saal
• Bredasdorp 14 Junie by die Nelson Mandela-saal en 16 Junie
by die sportterrein (Glaskasteel)
• Klipdale – 15 Junie by die kroniese medikasie
verspreidingspunt
NEEM ASSEBLIEF KENNIS:
• Bogenoemde datums is onderhewig aan die beskikbaarheid van
entstowwe.
• Slegs diegene met ’n geldige ID sal toegelaat word.
Let wel dit is baie belangrik is om te registreer alvorens u
aanmeld vir die inenting.
Dit spaar tyd en sal verseker dat daar wel entstowwe
beskikbaar is. Indien u opdaag sonder registrasie, sal dit daar gedoen word,
maar daar mag dan dalk nie genoeg entstowwe wees nie en kan u weggewys word vir
’n volgende keer. Selfregistrasie is maklik op u selfoon of kan by enige
biblioteek gedoen word. Die tuisversorgers is ook toegerus om te help met
registrasies. Plaaswerkers sal by Protem, Klipdale, Elim en die Glaskasteel
ingeënt word.
Daar word versoek dat mense wat reeds registreer het, sal op
bogenoemde datums by die perseel in hul omgewing sal aanmeld. Verdere datums
sal betyds deurgegee word afhangende die beskikbaarheid van entstowwe.