Die eko-beamptes wat deur Bettysbaai se strate beweeg om inwoners in te lig oor bobbejane in die buurt.


Inwoners van die rustige kusdorpie Bettysbaai hoop dat die nuwe Overstrand-bobbejaanbestuursprogram gaan vrugte afwerp.

Die nuwe stelsel, waar inwoners vroegtydig gewaarsku gaan word as daar ‘n trop bobbejane in hul buurt is, sal volgens die Overstrand-munisipaliteit help dat almal meer paraat gaan wees en sodoende hul vensters en deure vroegtydig toemaak asook vullis van die sypaadjies weg vat.

“Vir tyd en wyl sal die eko-beamptes fluitjies of vuvuzelas gebruik om te bepaal wat die beste metode gaan wees om die publiek te waarsku,” het die Overstrand-munisipale beampte, Dean O’Neill gesê. “Die fluitjies en vuvuzelas sal nie aanhoudend geblaas word nie, net as die troppe in die woongebied gewaar word”.

O’Neill nooi ook die inwoners om met die beamptes te kommunikeer en ook terugvoering te gee oor wat is die beste metode om hulle te waarsku as daar bobbejane in die omtrek is. Die beamptes sal deur die probleemgebiede beweeg en sal blou oorpakke met geel of groen glimbaadjies dra. Hierdie nuwe metode is ook deur wyk 10 aanvaar. 

You need to be Logged In to leave a comment.