Oktober is Borskankerbewusmakingsmaand, en volgens die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) is borskanker die mees algemene vorm van kanker wat Suid-Afrikaanse vroue beïnvloed. Die 2019-register wys daarop dat een uit 27 vroue die gevaar loop om borskanker op te doen, en dit is waarom die Caledon-museum jaarliks, in samewerking met die Caledon-biblioteek en hul YeBoneers, ’n bewusmakingsveldtog hou. Nie net het hulle pienk strikkies en pamflette uitgedeel nie, maar ook verskeie bome in die middedorp se stamme in pienk materiaal toegedraai. Die vroue wat deel van die veldtog is, is Bernedine Esau, Chanell Plaatjes, Gaylene Newman, Nicolle Plaatjies en Gabby Bezuidenhout.Foto: Mitzi Buys
Kankerbewustheid:
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.