Die NG Kerk Hermanus se eredienste gaan voort te midde van die coronavirus-pandemie.

Ds Corné Kemp sê die kerk se eredienste gaan voort maar om te verseker dat daar minder as 100 mense bymekaar kom sal daar twee eredienste gehou word. “As daar steeds meer mense opdaag dan sal ons hulle almal verdeel in groepe onder 100.

Dis nie drastiese stappe nie maar ons stel die veiligheid eerste van ons kerkgangers,” sê Ds Kemp. Hy noem ook dat hul binnekort op hul sosiale media blaaie ? skakel gaan uitstuur waarop mense kan kliek en sodoende dan vanuit hul huise luister na die eredienste.Die kerk se klok het Woensdagmiddag 12:00 gelui maar dis niks om oor te kommer volgens Ds Kemp nie.

“Ons gaan die klok elke dag 12:00 lui sodat ons mense aanmoedig om te bid vir ander mense wat lei aan die coronavirus. Dit gaan oor voorbidding en om te bid vir jou medemens.”

Die Onrusrivier NG Kerk hou drie eredienste om getalle te versprei en onder ? 100 te hou. Tydens die eredienste gaan hul verduidelik dat hul wyke gaan mobiliseer en huiskerke hou en ouetehuise ook bedien deur predikante te stuur na hul toe. Die Onrusrivier NG Kerk se kerkraad het ook besluit om die coronavirus-pandemie te gebruik as ? geleentheid om hand uit te reik na mense in Zwelihle deur seep uit te deel aan hul.

Mense wat wil bydra tot die projek kan die kerkkantoor ? lui gee op 028 316 2116.

You need to be Logged In to leave a comment.