Die bestuurskomitee vir die herlewing van die sake- en toerismeforum vir Hangklip-Kleinmond is Mervin Solomons, Heide Behrens, Kobus le Roux, Annalize Grimbeek, Deon Louw, Letitia Andrae en Ilizse du Toit. Neeltje du Plessis was afwesig toe die foto geneem is.Foto: Fanie Krige (Solid Stuff Media Agency).


’n Produktiewe vergadering om die herlewing van die Kleinmond-sakeforum te bespreek, is op 22 Oktober in die Kleinmond-stadsaal gehou.

Rolspelers meld dat die voorlopige resultate van ’n aanlyn opname op ’n sterk belangstelling in die vorming van so ’n liggaam dui.

Die respondente is hoofsaak­lik uit die toerismebedryf, eiendomsektor, voedselproduk­sie, bou en konstruksie asook konsultasie en is al van een tot 10 jaar in die omgewing.

Daar is aangedui dat bykomende opnames nodig is om te besluit of ’n verenigde kamer vir alle sektore of afsonderlike afdelings vir sake en toerisme gestig moet word, asook om ledegeld te bepaal.

Tydens die dinkskrum het deelnemers tot die gevolgtrek­king gekom dat die primêre doel van die forum sou wees om ekonomiese welvaart in die Hangklip-omgewing te bevor­der. Dit sal bereik word deur netwerke, opleiding, steunwerwing, die verskaffing van ’n verenigde stem in gesprekke met plaaslike, provinsiale en nasionale regering en samewerking met die bemarking van die gebied en om te verseker dat die gebied veilig en skoon bly.

’n Bestuurskomitee is saamgestel om hierdie poging vorentoe te dryf.

Die komiteelede is Deon Louw (tussentydse administra­teur), Kobus le Roux, Annalize Grimbeek, Neeltje du Plessis, Letitia Andrae, Heide Behrens, Mervyn Solomons en Ilizse du Toit. Die komitee sal onmiddellik begin werk om die gedeelde idees en voorstelle te bespreek en in te stel, met die doel om ’n funksionele forum so vinnig as moontlik te vestig.

Die volgende ope vergadering sal in die Proteadorp-gemeenskapsaal gehou word.

Belangstellendes kan Deon Louw by hkbf.new@gmail.com vir meer inligting kontak. . Belangstellendes kan aan die opname deelneem by https://docs.google.com/forms/d/1hYGy2xGhLOXKmmrtxOli-jvJ0SqBvjFxzLGYA5bJEes/edit?pli=1– Fanie Kruger Solid Stuff Media Agency

You need to be Logged In to leave a comment.